Leksikograaf Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
’n
Afbreking: ’n
Uitspraak: /ə/, /ə̃/
Onbepaalde lidwoord: ’n
Betekenis:
• Een of enige. Verwys na iets onbepaalds in die enkelvoud (m.a.w. nie na 'n bepaalde/spesifieke ding nie).
Gebruik:
• Kan ek 'n koekie kry?
• 'n Mens weet gewoonlik wat ’n mens moet doen.
Vertaling:
Duits: ein
Engels: a, any
Nederlands: een
Nota:
• As mens "’n" aan die begin van 'n sin gebruik, moet die volgende woord met 'n hoofletter begin.
• Let op die ortografie ('n of ’n). Foutiewe vorme: ′n, `n, ‘n, ñ of die ergste n (sonder enige afkappingsteken).
• Kyk ook na die bepaalde lidword, die.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.