Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Andalusië (Spaans: Andalucía) is 'n ou deel van Suid-Spanje wat nou die provinsies Cadiz, Malaga, Cordova, Huelva, Sevilla, Granada, Almeria en Jaen insluit. Andalusië is een van die vrugbaarste dele van Spanje en besit ook heelwat delfstowwe. Die hoofstad en grootste stad is Sevilla (Seville).
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.