selei [boodskap #125002] |
Thu, 14 March 2019 14:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
selei
Afbreking: se•lei
Selfstandige naamwoord: selei
Meervoud: seleie
Verkleinwoord: seleitjie
Meervoud van verkleining: seleitjies
Betekenis:
• 'n Halfdeursigtige, jellieagtig, drillende stof wat onder beweging tril en bewe.
Gebruik:
• Agar-agar is 'n plantaardige selei van seewier.
• 'n Amoeba lyk soos ’n stippeltjie selei.
Sinoniem:
• gelei
• jellie
• drilsel
Wisselvorm:
• sjelei
Vertaling:
Engels: jelly
Nederlands: gelei
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|