Ambergrys [boodskap #124998] |
Wed, 13 March 2019 07:14 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ambergrys of grys amber is 'n grys, vetterige stof wat in die ingewande van walvisse gevind word. Dit het 'n soet of muskusagtige reuk en is vroeër vir die vervaardiging van parfuum gebruik. Soms gooi die walvisse dit op en spoel dit op strande uit. Dit is duur en waardevol, maar die besit en verhandeling daarvan word deesdae in lande soos Australië en Amerika verbied.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|