Alkali [boodskap #124961] |
Sun, 10 March 2019 08:15 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Alkali (of basis) is enige stof, oplosbaar in water, wat sure neutraliseer en soute vorm. Dit laat rooi lakmoes blou word. In oplossing het dit 'n pH-waarde hoër as 7. Meer besonderlik is dit ’n oplosbare hidrokside van ammonia en sekere metale, veral natrium en kalium. Oorspronklik is die naam alkali gegee aan die as van plantaardige stowwe wat seperig gevoel het as dit in water opgelos word.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|