Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Alaska
Alaska [boodskap #124902] So, 03 Maart 2019 18:24
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Noordelike poolligte (Aurora borealis)
Noordelike poolligte (Aurora borealis)
Alaska lê aan die noordweskus van die Noord-Amerikaanse kontinent en is die grootste staat van die Verenigde State van Amerika. Dit is in 1867 van Rusland gekoop en het in 1958 die 49ste staat van die V.S.A. geword. Die hoofstad is Juneau en die grootste stad is Anchorage.

Alaska is buitengewoon bergagtig; Mt. McKinley is die hoogste piek. Die vernaamste rivier is die Yukon. Alaska word veral deur Indiane en Eskimo’s bewoon, maar het nog altyd sedert die goudstormloop in 1896 ’n blanke bevolking gehad. Onder die produkte is salm en pelse. Die Alaska-verkeersweg verleng die Inter-Amerikaanse Verkeersweg tot in Argentinië; die Noord-Amerikaanse deel is in 1942 geopen.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Alarik I
Volgende onderwerp: Alban
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 23:23:15 MGT 2024