Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Alarcón, Pedro Antonio de
Alarcón, Pedro Antonio de [boodskap #124900] So, 03 Maart 2019 15:53
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Pedro Antonio de Alarcón (1833 -91) was 'n Spaanse romanskrywer en joernalis. Toe sy eerste werk, ’n toneelstuk, nie na verwagting slaag nie, sluit hy uit teleurstelling by die leër aan en veg in Marokko. In 1859 gee hy ’n opvallende dagboek uit oor sy oorlogservaringe. Aangemoedig deur die sukses begin hy weer te skryf en gee ’n aantal romans uit wat baie gewild geword het in sy geboorteland en waarvan sommige ook vertaal is. Hy neem ook deel aan die politieke lewe. Noemenswaardige werk o.a.: El Final de Norma (Die laaste Daad van Norma, 1855); El Sombrero de tres Picos (Die Driehoekige Hoed, 1874).

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Alabama
Volgende onderwerp: Alarik I
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 20:48:47 MGT 2024