Aktuaris [boodskap #124895] |
Sun, 03 March 2019 12:36 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Aktuaris (of versekeringswiskundige) is iemand wie se beroep dit is om met syfers te werk, veral gemiddelde risiko’s en premies vir versekering te bereken. Die aktuaris het 'n sterk wiskundige en ekonomiese opleiding en het 'n graad in Aktuariële Wetenskappe.
In Suid-Afrika is aktuarisse gewoonlik genote van die Aktuariële Genootskap van Suid-Afrika. Baie is selfs genote van die Instituut van Aktuarisse in Londen of van die Fakulteit van Aktuarisse in Edinburgh.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|