Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die HOU-JOU-BEK-WET...........
Die HOU-JOU-BEK-WET........... [boodskap #10068] Tue, 22 July 1997 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: May 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie ou storie van:

JY-MOET-JOU-BEK-HOU-WANT-JYS-OORSEE,
of JYS-NIE-N-AFRIKANER-NIE-WANT-JYS-OORSEE
en ander stories oor mense wat VLUG ens,

is meestal 'n voortsetting van die ou apartheidvisie van toeka,
daai dinosorus laermentaliteit van:
NET-ONS-HIER-IN-SA-IS-REG-EN-DIE-WERELD-IS-VERKEERD,
OORSESE-MENSE-VERSTAAN-ONS-NIE-DAAROM-DINK-HULLE-APARTHEID-I S-VERKEERD
NET-ONS-HIER-WEET-WAT-HIER-IN-SA-AANGAAN
OORSESE-MENSE-MOENIE-IN-ONS-BINNELANDSE-BELEID-INMENG-NIE
ens.

Dit kom uit daai dae wat daar 'n "TOTALE AANSLAG" is van buite,
en die "ANC-KOMMUNISTIESE-ALLIANSIE", ENGELSE-LIBERALISTE,
ONRUSSTOKERS ens. (Wie onthou nog soortgelyke terme ?)
In daai dae was die assosiasie van die woorde genoeg om
iemand te verdoem.

Ons het tog nou al 'n bietjie wegbeweeg daarvan hoop ek ?
he?

Vriendelike groete.
Re: Die HOU-JOU-BEK-WET........... [boodskap #10111 is 'n antwoord op boodskap #10068] Tue, 29 July 1997 00:00 Na vorige boodskap
z zondagh  is tans af-lyn  z zondagh
Boodskappe: 1
Geregistreer: July 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ja ek dink regtig so, maar tog moet ons die mense kans gee om darem bietjie
uiting aan hulle frustrasies te gee. Dis 'n veranderende land en daarmee
gepaard gaan, soos dwarsoor die wereld, die mense wat op eie manier die
verandering beleef. Solank die mense net hulle gevoelens uitspreek en dit
nie oorsit in onbesonne dade nie. Ek dink ons kan NG soos die gebruik om
bewus te word van mekaar se gevoelens en so 'n beter Afrikaner vol te bou
wat inpas in ons nuwe situasie sonder om verontreg te speel.
Ek voel waarlik nie dat Afrikaners wat hulle in ander lande bevind minder
bewus is van wat werklik hier aangaan nie. Hulle sien soortgelyke dinge
waar hulle ookal is. Dit is miskien net vir ons mense hier 'n groter
realiteit, iets wat ons nie net lees of hoor nie maar elke dag ervaar en om
positief te bly is nogal 'n uitdaging.

Groete uit Gauteng

> Ons het tog nou al 'n bietjie wegbeweeg daarvan hoop ek ?
> he?
>
> Vriendelike groete.
>
Vorige onderwerp: Re: Nou word rassisme GEKWEEK!
Volgende onderwerp: Nou wat gaan aan?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Jan 05 05:58:48 UTC 2025