Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Akbar die Grote (1542 - 1605) was 'n beroemde keiser onder die Groot-Mogols wat ongeveer 'n halwe eeu geregeer het. Hy was die veroweraar van 'n groot stuk van Indië. Binne sy gebied het hy slawerny afgeskaf en ander heilsame hervorminge ingevoer. Hy het verdraagsaamheid, pluralisme en vrede tussen Islam, Hindoeïsme en Zoroastrisme bevorder en was die eerste Mogol om vroeë Christelike sendelinge na sy hof te nooi.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.