Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Vygie (Aizoaceae)
Vygie [boodskap #124869] Vr, 01 Maart 2019 18:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Vygie in Kirstenbosch.
'n Vygie in Kirstenbosch.
Aizoaceae, die vygiefamilie, is ’n Angiosperme familie van kruidgewasse, halfstruike of struike, wat oorwegend in Afrika voorkom. Hulle het teenoorstaande, selde verspreide, meestal sukkulente blare, reëlmatige blomme met 4-8 kelkblare, dikwels baie kroonblare, 5 tot baie meeldrade, en ’n bo- tot onderstandige, een- tot veelhokkige vrugbeginsel. Die vrug is ’n doosvrug wat dikwels in klam weer oopgaan, of vlesig. Voorbeelde: vygie, bokbaaivygie, suurvy, hotnotsvy, lewerplant, brakslaai, knopies, toontjies, kougoed.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Aix-en-Provence
Volgende onderwerp: Ajaccio
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 23:24:54 MGT 2024