Vensters in Suid-Afrika: Demokrasie [boodskap #10021] |
Fri, 18 July 1997 00:00 |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Etienne Marais skryf in artikel
...
>>> Ek weet nie so mooi of demokrasie, dis nou waar die meerderheid altyd
>>> wen, so baie regverdig is nie.
>
> Ek verstom my hoedat demokrasie in sy moderne betekenis
> (massas oordonder die res) enigsins inslag vind by die mensdom
> regoor die planeet, wat veronderstel is om vooruit te beweeg. sny
> ....Wat van die vry denkende
> individualis verswelg deur stereotipes? Nee wat, demokrasie is 'n
> woord wat met 'n romantiese (figuurlik, maar ook letterlik, die Romeins en
> Griekse beginsels) beginsel assosieer; maar wragtig niks anders as
> fascisme oorgelaat aan die massas is nie.
Etienne,
Die oorspronklike idee met demokrasie soos ons
dit vandag ken, was om te verhoed dat massas mense
uitgelewer is aan die giere van 'n klein groepie mense
wat hulleself die edeles (konings, prinse, hertogte, ...)
genoem het.
Kom ons dink aan probleme en hulle oplossings.
Wat was die massas se probleem?
Hulle het intens ervaar dat hulle dat hulle nie aan hierdie
giere van die edelliede uitgelewer wou wees nie.
In plaas daarvan dat hulle self die probleem opgelos
het, het hulle 'n skynoplossing aanvaar wat deur sekere
denkers voorgestel is wat vandag as politici bekend
sou staan. Die skynoplossing word demokrasie
genoem. Dit is kortliks die volgende: Lewer julleself
as die massas uit aan daardie giere wat die meeste
van die massas het.
Ongelukkig is dit so dat 'n skynoplossing vir 'n
probleem geboorte gee aan nuwe probleme. Die massas
glo nog steeds dat hulle probleem deur minderhede
veroorsaak word. Hulle is reg en verkeerd. Die "reg en
verkeerd" wys dat hulle probleem meer kompleks
geword het sodat dit al moeiliker word om 'n oplossing
te vind.
Hulle is reg omdat hulle deur 'n minderheid
gemanipuleer word wat hulleself poltici noe. Ja, die
einste mense wat hulle die skynoplossing gegee het.
Hulle is ook verkeerd omdat hulleself as meerderheid
(en nie minderheid nie) met hulle stemreg die politici
toelaat om die skynoplossing van demokrasie te
misbruik.
Nou wat is hulle probleem vandag? Om hierdie
probleem reg te kan begryp, moet dit in samehang
die verlede se probleem gesien word. Die eerste
ding wat ons moet doen, is om te kyk of ons nie
toentertyd se probleem beter kan formuleer nie.
Wat was die formulering nou weer gewees?
Hulle (die massas) het intens ervaar dat hulle nie
aan hierdie giere van die edelliede uitgelewer wou
wees nie.
Let nou op dat hierdie probleem negatief geformuleer
is. Dis 'n feit soos 'n vrat dat enige negatief geformuleerde
probleem net skynoplossings kan h^e! Ons moet dus
hulle probleem herformuleer in 'n positiewe sin.
Etienne het met sy sinnetjie "Wat van die vry denkende
individualis verswelg deur stereotipes?" baie goeie
raad gegee. Die massas wou meer kreatief wees en
het intens ervaar hoe die giere van die edelliede hulle
kreatiwiteit verswak.
Wat is die probleem van vandag?
Die massas wil meer kreatief wees en ervaar intens
hoe die giere van die politici en hulleself hulle
kreatiwiteit verswak.
Dit is die probleem wat vandag opgelos moet word.
Demokrasie is 'n skynoplossing vir hierdie probleem
soos wat Etienne so pragtig gestel het.
Ek bespeur vandag by meeste mense 'n diepe
frustrasie omdat hulle kreatiwiteit verswak word.
Ongelukkig is dit by die meeste van hulle
stomkennis. Met ander woorde, dit is kennis waaroor
elkeen van hulle beskik, maar wat nog nie deur elkeen
van hulle in woorde uitgedruk is nie. Ek hoop ek het
daarin geslaag om julle stomkennis te artikuleer.
Alles van die beste
At de Lange
|
|
|