Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Die genesing van Afrika
Re: Die genesing van Afrika [boodskap #9951] |
Mon, 14 July 1997 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 14 Jul 1997 12:44:48 GMT, "AM de Lange" wrote:
<<>Ek wil elkeen van julle aanraai om hierdie boek te bestudeer
> en te kyk hoe goed Wen se antwoord op Gloudina se tirade
> in die kol is. Julle sal waarskynlik ander diep indrukke as
> myne vorm, solank julle julle eie indrukke vorm.>>>
En onthou tog in die proses dat die boek in 1936 gepubliseer is.
Sestig jaar gelede.
Een wereldoorlog, 'n paar depressies, 40 jaar van apartheid, die
industriele ontwikkeling van SA, die verbanning van politieke
bewegings, die uitwyking van leiers, een bantustan versplinter in
verskeie dele, die sosiale versplintering, verstedeliking, een lang
voortslepende oorlog en 'n nuwe demokrasie later.
Bietjie soos om die Carnegie-verslag oor Afrikaners in die jare 20 te
lees in 'n poging om vandag se Afrikaner te verstaan, of hoe?
|
|
|
Re: Die genesing van Afrika [boodskap #9963 is 'n antwoord op boodskap #9951] |
Tue, 15 July 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wen wrote in article ...
> Weet jy dat swartmense nie baie gewig heg aan geskrewe materiaal nie? Nie
> 'n eeu gelede nie, nie in 1936 nie, maar NOU! Vandag! Ek tree die
> afgelope paar maande as raadgewende konsultant op in 'n regeringsgemeenskaps-
> ontikkelingsprogram. Dit is 'n tipiese eerste-wêreld ontmoet derde-wêreld
> situasie en die dinamiek tussen gemeenskappe, ingenieurs, prokureurs, onder-
> steuningsgroepe ens. is versteurend om die minste te sê. En die oorsaak is
> grotendeels omdat ons nie weet hoe die ander kant dink en doen nie. Ons meet
> hulle aan ons standaarde. Ons neem aan dat 'n geskrewe kontrak gewig dra en
> sleep mense hof toe as hulle die kontrak verbreek.
>
> Wat dink jy dink swartmense van iets soos die grondwet, of die handves van
> menseregte? Hulle sal dit gebruik terwyl dit in hulle guns tel, maar hulle
> sal dit wegsmyt en vir jou sê dat dit niks beteken nie sodra dit hulle nie
> meer pas nie. En dan sal julle verbaas wees. Shame.
Ek stem. (Alhoewel, onse voormalige voormense het ook maar die geneigdheid
gehad - die beginsels van ons gewoontereg is ook maar met groot ywer gebuig
en gebreek waar dit hulle gepas het - maak die saak hoeveel dit in die
Codex van Justinianus of die werke van Voet en Grotius neergeskryf was
nie.)
Maar die triek sal wees om te sorg dat dit vir hulle die moeite werd bly om
by die betrokke dokumente te hou. Dit suggereer dat elke magsmiddel en
magsvermenigvuldiger aangewend moet word om dit vir hulle die moeite werd
te maak.
Buitelandse mening is een so 'n magsmiddel wat gebruik kan word - maar net
terwyl dit vir die maghebbers die moeite werd is om hulle aan die
buitelandse mening te steur.
Daar is egter ook ander sulke metodes. Ek kan voorsien dat Afrikaners wat
in Suid-Afrika oorleef oor 'n paar geslagte baie soos die Grieke sal wees
wat die Ottomaanse ryk agter die skerms aan die gang gehou het (onder
andere die hele buitelandse beleid vir eeue lank bestuur het). Skelm soos
die houtjie van die galg. In die geval van die Grieke is hulle seuns
weggevoer om die Jannisariërkorps te vorm - waarvan die grootste funksie
was om die Grieke in toom te hou. Ek voorsien dat Afrikaners 'n soortgelyke
"tiende" sal moet betaal. Baie meer subtiel - en baie meer - as die
"bloedgeld" waarvoor die Gloatinas en die Kose van die wêreld nou so balk.
Is Constand nie gevra om vir Nelson die geweldprobleem (of is dit nou
misdaad) op te los nie?
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Die genesing van Afrika [boodskap #9964 is 'n antwoord op boodskap #9951] |
Tue, 15 July 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wen wrote in article ...
> Weet jy dat swartmense nie baie gewig heg aan geskrewe materiaal nie? Nie
> 'n eeu gelede nie, nie in 1936 nie, maar NOU! Vandag! Ek tree die
> afgelope paar maande as raadgewende konsultant op in 'n regeringsgemeenskaps-
> ontikkelingsprogram. Dit is 'n tipiese eerste-wêreld ontmoet derde-wêreld
> situasie en die dinamiek tussen gemeenskappe, ingenieurs, prokureurs, onder-
> steuningsgroepe ens. is versteurend om die minste te sê. En die oorsaak is
> grotendeels omdat ons nie weet hoe die ander kant dink en doen nie. Ons meet
> hulle aan ons standaarde. Ons neem aan dat 'n geskrewe kontrak gewig dra en
> sleep mense hof toe as hulle die kontrak verbreek.
>
> Wat dink jy dink swartmense van iets soos die grondwet, of die handves van
> menseregte? Hulle sal dit gebruik terwyl dit in hulle guns tel, maar hulle
> sal dit wegsmyt en vir jou sê dat dit niks beteken nie sodra dit hulle nie
> meer pas nie. En dan sal julle verbaas wees. Shame.
>
'n Leraar (witte) van die voormalige NGKA vertel van 'n situasie gedurende
die finale fase van die onderhandelinge vir die samesmelting met die NGSK
om die VGK te vorm. Die Kerkorde van die NGKA het bepaal dat die besluit
eers deur alle ringe goedgekeur moet word. Toe die betrokke sinodale
komissie hierop gewys is (die tyd was kort) was dit geen probleem nie: "Dis
mos ons kerkorde - ons kan dit ignoreer as ons wil".
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Die genesing van Afrika [boodskap #9965 is 'n antwoord op boodskap #9951] |
Tue, 15 July 1997 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 15 Jul 1997 13:05:19 GMT, "Leendert van Oostrum" <oos...@scientia.up.ac.za> wrote:
<<>Enersyds sien ons nog die ou modernistiese idee van die geskiedenis as 'n
> reglynige ontwikkeling van 'n primitiewe en oningeligte verlede na 'n
> helder toekoms waar alle probleme opgelos sal wees en alle mense sondeloos.
> In hierdie perspektief is progressie gelyk aan chornologie. Mens sien dit,
> byvoorbeeld in Koos se reaksie op die publikasiedatum van jou bron - die
> idee dat die ouer bron noodwendig minder betroubaar is. >>>
Praat van ideologies dink!!
Daar is 'n werklikheid wat gebeur het sedert 1936.
Dit HET gebeur.
Daardie werklikheid het baie diep spore deur kulture getrap. Om - soos
jy blykbaar bepleit - dit eenvoudig te ignoreer (ter wille van 'n erg
ideologiese siening) is bleddie stupid.
Jy is dan mos soos Lenin en Stalin en sulke mense (en jou geliefde
Verwoerd ook) wat eenvoudig die werklikheid ignoreer ter wille van 'n
stel idees wat die werklikheid in 'n boek teken!
En dan boonop een mens se enkele boek ook!
So 'n soort van dink hoef nie baie ernstig opgeneem te word nie.
|
|
|
Re: Die genesing van Afrika [boodskap #9969 is 'n antwoord op boodskap #9951] |
Tue, 15 July 1997 00:00 |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Koos wrote in article
...
> On 14 Jul 1997 12:44:48 GMT, "AM de Lange"
> wrote:
>
> > en te kyk hoe goed Wen se antwoord op Gloudina se tirade
>> in die kol is. Julle sal waarskynlik ander diep indrukke as
>> myne vorm, solank julle julle eie indrukke vorm.>>>
>
> En onthou tog in die proses dat die boek in 1936 gepubliseer is.
>
> Sestig jaar gelede.
>
> Een wereldoorlog, 'n paar depressies, 40 jaar van apartheid, die
> industriele ontwikkeling van SA, die verbanning van politieke
> bewegings, die uitwyking van leiers, een bantustan versplinter in
> verskeie dele, die sosiale versplintering, verstedeliking, een lang
> voortslepende oorlog en 'n nuwe demokrasie later.
>
> Bietjie soos om die Carnegie-verslag oor Afrikaners in die jare 20 te
> lees in 'n poging om vandag se Afrikaner te verstaan, of hoe?
Koos. jy is heeltemal reg. Krige se boek beskryf die
Zoeloes se sosiale sisteem soos wat grotendeels sonder
die invloed van die weste ontwikkel het. Haar belangrikste
bron was die vertellings van mense - mense waarvan die
oorgrote mmerderheid reeds in die vorige eeu gebore was.
In 'n sekere sin is haar boek soos 'n resi in 'n tydmasjien
na die verlede - voor 1936!
Soos jy opmerk is dit nou 60 jaar later nadat baie
veranderinge plaas gevind het. Gevolglik het ons 'n ideale
geleentheid om die sosiale struktuur van vandag met die
sosiale struktuur van toe te vergelyk. Ek verneem graag
jou hoe jy die verandering beoordeel. Byvoorbeeld, was
die invloed van die westerse leefwyse bevorderlik vir hulle
sosiale sisteem?
Ek wens ek het soos Wen meer kontak gehad met die
Zoeloes. Volgens Krige se boek lyk dit vir my asof hulle
baie meer kreatief was as die westerlinge wat betref die
sosiale dimensie van hulle kultuur. Hulle het 'n sisteem
bedryf wat veel meer kompleks was as die sisteme wat
tans in die westerse lande gevind word.
Dit laat my dink aand die Incas van Suid Amerika en wat
van hulle geword het na hulle ontmoeting met die Spanjaarde.
Waarom sterf kulture uit ten spyte van die ho"e kreatiwiteit
wat dit onderhou het? Oor hierdie vraag is daar al vele boeke
geskryf - en nog steeds lyk die antwoord duister.
Laat ons in hierdie trant na onsself kyk. Wat gaan van die
NSA word? Gaan dit uitsterf of gaan dit blom?
Alles van die beste
At de Lange
|
|
|
Re: Die genesing van Afrika [boodskap #9970 is 'n antwoord op boodskap #9951] |
Tue, 15 July 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
AM de Lange wrote in article
> Wat die res van jou uiteensetting betref, het ek nie veel meer
> te verskil nie, behalwe vir een uiters belangrike aspek! Die sewe
> beskawings waarvan jy praat, besef nie hoe verslaaf hulle geword
> het aan westerse tegnologie nie. Verslawing is 'n onomkeerbare
> saak.
Ja en nee. "Verslawing" in hierdie sin kan ook kreatief wees. Waar sou die
westerse tegnologie wees sonder 'n tydperk van verslawing aan Arabiese
tegnologie - algebra, astronomie, skeepsbou, anatomie, om maar 'n paar
aspekte te noem.
Ek dink juis dit is die punt. Nie-westerse beskawings is besig om westerse
tegnologie hul eie te maak - en die weste te oortref op sy eie gebied.
Daardeur kom hulle in die posisie om met diskriminasie te dikteer wat hulle
uit die weste sal aanvaar en wat nie.
Verslawing, daarenteen, is toestand wat geen diskriminasie toelaat nie.
Verslaafdes is uitgelewer aan die bron van die verslawende substans.
Die grootste fout wat die Arabiese magblok gemaak het was om Konstantinopel
in te neem en die landroetes na die Ooste te monopoliseer. Op daardie
presiese datum (wat aangegee word as die einde van die middeleeue) het die
Weste die Arabiese wetenskap gevat en begin gebruik om sy eie pad na die
Ooste te vind.
Het jy al opgelet dat dit daardie dele van Europa was waar die Moorse
invloed die sterkste was - Spanje en Portugal- wat afgeskop het met die
aanwending van tegnologie om die wêreld te ontdek? En op hulle hakke
Nederland wat weer onder Spaanse invloed was - Mercator van die kaarte was
'n Belg. Die Engelse het eers seevaarders geword na huwelik van Hendrik die
Agste met 'n Spaanse vrou (in die tyd van sy dogter, Elizabeth). Die
vereniging van Engeland en Holland onder William en Mary het dit verder
gevoer - die ooreenkoms was dat Engeland die see sou beskerm en Holland die
land - met grootskaalse oordrag van maritieme tegnologie van Holland na
Engeland. Engelse seemanstaal bevat vandag nog sterk Nederlandse kenmerke.
At, die feit dat ek en jy hier sit kan direk teruggespoor word na die val
van Konstantinopel, en meer as een opsig.
Ek dink ons mag dalk verwonderd wees oor wat gaan uitkom as Oosterse - en
Afrika - dinkmaniere eers werklik begin werk op wat hulle geneem het uit
westerse wetenskap.
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Die genesing van Afrika [boodskap #9971 is 'n antwoord op boodskap #9951] |
Tue, 15 July 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
AM de Lange wrote in article
...
> Wen wrote in article ...
>
> na aanleiding van Gloudina se tirade onder die opskrif
> "Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira"
[...]
> Wen, baie dankie vir 'n wel deurdagte antwoord.
>
> Daar het in 1936 'n boek verskyn deur dr EJ Krige
> "The social system of the Zulus" (Pietermaritzburg:
> Shuter & Shoote) wat die Zoeloe kultuur deeglik uiteensit.
At, jy praat verniet.
Jy het hier te doen met 'n bepaalde historiese perspektief.
Sedert die van van die Berlynse Muur het twee verskillende benaderings tot
geskiedenis en kultuur in publikasies uitgekristaliseer.
Enersyds sien ons nog die ou modernistiese idee van die geskiedenis as 'n
reglynige ontwikkeling van 'n primitiewe en oningeligte verlede na 'n
helder toekoms waar alle probleme opgelos sal wees en alle mense sondeloos.
In hierdie perspektief is progressie gelyk aan chornologie. Mens sien dit,
byvoorbeeld in Koos se reaksie op die publikasiedatum van jou bron - die
idee dat die ouer bron noodwendig minder betroubaar is. Uit hierdie
perspektief word die val van die USSR vertolk as 'n oorwinning vir Westerse
waardes - nou het die demokrasie (soos in die Weste verstaan), die vrye
mark (ditto) en menseregte (ditto) geseevier, en dit is bloot 'n kwessie
van tyd voordat dit regoor die wêreld aanvaar word en deurgesuur het. Dit
sal dan ook die laaste groot hisoriese ontwikkeling op sosiale vlak wees -
hierdie ouens praat dus van die "einde van die geskiedenis". Verdere
ontwikkeling sal ontwikkeling in graad wees, maar nie in aard nie. In
hierdie perspektief beteken "multikulturaliteit" juis kultuurdiversiteit op
mikrovlak - waardeur dominante kultuurverskynsels mettertyd die enigste
kultuurverskynsels word. Histories gesproke was die Amerikaanse
"melting-pot" 'n aanwending hiervan. Prakties beteken dit, byvoorbeeld, dat
elke klein groep, insluitende elke klaskamer, gekenmerk moet word deur
kulturele diversiteit. Hierdie benadering word, byvoorbeeld, gevolg in die
hantering van alogene in Nederland en België, waar "multikulturaliteit"
eintlik aangewend word as meganisme vir assimilasie van alogenebevolkings
in die dominante kultuur in. Die huidige, verwesterde, SA regering wat
hoofsaaklik deur exiles aangevoer word, pas ook in hierdie kategorie. (Ek
verskil dus hier van Wen - ek glo dat die huidge geslag regeerders wel
toegewyd is aan "demokrasie" - ek reken egter dat dit nie die geval wal
wees met die volgende geslag nie - kyk maar so oor tien jaar as die Mbeki's
aftree.)
Ek vermoed dat die Kose en Gloatinas van die wêreld min of meer funksioneer
uit so 'n historiese perspektief van lineêre progressie en "verbetering".
Daarenteen is daar ander wat verklaar dat die wêreld sedert die val van die
Muur effektief verdeel is in sewe of agt beskawings, elk met sy eie
perspektief op die lewe, en elk met sy eie manier van dinge doen. Hulle wys
daarop dat nie-westerse beskawings besig is, nie om al meer Westers te word
nie, maar om dit wat hulle uit die Weste ge-erf of oorgeneem het te gebruik
om juis hul eie kulture te bemagtig en te versterk teen verdere Westerse
kultuurimperialisme. So gesien, verdwyn chronologiese volgorde as maatstaf
van uitnemendheid - dit word moontlik om oor kulture, oor tyd en ruimte,
dinge te vind wat vir die individu waardevol mag wees in sy of haar
besondere situasie. In hierdie perspektief is "multikulturaliteit" gemik op
diversiteit in die meso-en makrosfeer, waar vrye keuse in die
mirkosamelewing funksioneer. Prakties gesproke beteken dit, byvoorbeeld,
dat 'n Spaanssprekende kind in die VSA toegelaat word om deur die medium
van Spaans, in 'n Spaanstalige klas, skool te gaan - en dieselfde vir 'n
Enuit in Kanada, ens. Dit kom dus voor asof "multikulturaliteit" in daardie
streke presies die teenoorgestelde beteken as hier by ons. Dit is dan ook
opmerklik dat "konservatiewes" aan altwee kante van die Atlantiese Oseaan
gekant is teen multikulturaliteit, maar om presies teenoorgestelde redes
(of dalk dieselfde rede). Vir die Amerikaanse konservatis is
"multikulturaliteit" 'n bedreiging vir die hegonomie van Engels in die
Amerikaanse volkshuishouding, en dus ook vir die dominansie van die WASP.
Daarom is hulle gekant teen onderwys in enige taal behalwe Engels, en
bevorder hulle tans die idee dat Engels verklaar moet word tot die
amptelike taal van die VSA (wat nog nooit een gehad het nie!)
Ek merk byvoorbeeld op dat "French immersion" 'n gewilde praktyk is onder
die Gloatinakringe daar rond - maar ek moet nog hoor van 'n
"Enuit-immersion" -weergawe. Want sien, Frans is Westers, en dus waardevol.
Indiaans of Eskimo, daarenteen, lê nie op die weg van lineêre historiese
progressie nie. Hier by ons, insgelyks, moet almal in Engels ge-immerse
word.
Jou bron, At, val oënskynlik in die kategorie wat verskillende beskawings
erken. Ek beveel aan dat jy ook kyk na meer onslangse bronne wat dieselfde
doen - soos Attie van Niekerk (en ander) se werk in hierdie dekade - hy het
so pas weer 'n boek laat verskyn. En Attie maak die ouens ongemaklik - sy
track record as 'n pienk liberale anti-apartheidstokkelok maak dit moeilik
om hom as 'n "verdrukker" weg te skinder. Maar jy kan seker wees dat hy die
kol tref. Ek weet van ten minste een universiteit waar hy nie op die kampus
welkom is nie - hy is nie politiek korrek nie.
Die probleem met jou bron, At, is dus nie sy publikasiedatum nie. Die
probleem is dat hy nie politiek korrek is nie. Jy moet versigtig wees
daarmee. Voor jy weet word jy as neo-Verwoerdiaans gekategoriseer.
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Die genesing van Afrika [boodskap #9972 is 'n antwoord op boodskap #9971] |
Tue, 15 July 1997 00:00 |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leendert van Oostrum wrote in article
...
> At, jy praat verniet.
Leendert, dan praat ek maar verniet, soos my kleindogter
wanneer sy met sulke miniatuur bakstene huise skep. Sy
sal 'n uur of langer kliphard oor die lewe praat soos sy dit
ervaar. Dit is vir my wonderlik om op te let wat vir haar
belangrik is. Dit is asof haar oupa 'n kort rukkie 50 jaar
jonger word.
> Jy het hier te doen met 'n bepaalde historiese perspektief.
Ek stem saam met jou. Ilya Prigogine (Nobelpryswenner,
chemie, 1976) het in die voorwoord an sy boek
"From Being to Becoming" oor onomkeerbare
self-organisasie geskryf:
" This book is about time. I would like to have named it
'Time, the forgotten diemnsion', although such a title
might surprise some readers."
To skok hy maar sy lesers deur 'n ent verder aan te skryf:
" A basic aim is to convey to the reader my conviction that
we are in a period of scientific revolution ... a period not
unlike the birth of the scientific approach in ancient Creece."
en daarna
"...irreversible processes play a fundamental constructive
role in the physical world. ... Irreversibility introduces
unexpected features that, when properly understood, give
the clue to the transition from being to becoming."
Wat hy toe in sy boek doen, is om die historiese perspektief
te komplementeer met die entropiese perspektief van chaos
en orde, van krom ontwikkelinglyne, van ontluikings en vervallings,
van eenheid wat lei tot verskeidenheid, ensovoorts.
Wanneer ek my kleindogter so ongemrk dophou, maak baie
van die dinge wat hy oor skryf sin uit. Dis vir ons kinders
wat ons skynbaar verniet moet praat.
Wat die res van jou uiteensetting betref, het ek nie veel meer
te verskil nie, behalwe vir een uiters belangrike aspek! Die sewe
beskawings waarvan jy praat, besef nie hoe verslaaf hulle geword
het aan westerse tegnologie nie. Verslawing is 'n onomkeerbare
saak.
> Jou bron, At, val oënskynlik in die kategorie wat verskillende beskawings
> erken. Ek beveel aan dat jy ook kyk na meer onslangse bronne wat dieselfde
> doen - soos Attie van Niekerk (en ander) se werk in hierdie dekade - hy het
> so pas weer 'n boek laat verskyn. En Attie maak die ouens ongemaklik - sy
> track record as 'n pienk liberale anti-apartheidstokkelok maak dit moeilik
> om hom as 'n "verdrukker" weg te skinder. Maar jy kan seker wees dat hy die
> kol tref. Ek weet van ten minste een universiteit waar hy nie op die kampus
> welkom is nie - hy is nie politiek korrek nie.
Ek is daarmee vertroud. Attie van Niekerk se gevolgtrekkings
is nie nuut nie. Albert Schweizer het tot bykans tot dieselfde
gevolgtrekking gekom.
> Die probleem met jou bron, At, is dus nie sy publikasiedatum nie. Die
> probleem is dat hy nie politiek korrek is nie. Jy moet versigtig wees
> daarmee. Voor jy weet word jy as neo-Verwoerdiaans gekategoriseer.
Leendert, as daar een ding is waarmee mense hulle
lank sal kan besig hou, is dit om my te kategoriseer.
Wanneer Jesus 'n mens vry gemaak het, begin 'n
ander lewe wat nie vanuit die ou lewe kategoriseerbaar
is nie.
Vryheid, kreatiwiteit en liefde - dis die dinge wat 'n verskil
maak. Dis die dinge wat geen plek in die hedendaagse
politiek het nie. Jy is reg - om polities nie korrek te wees
nie is om anderkant die rand van "veiligheid" te beweeg.
Alles van die beste
At de Lange
|
|
|
Re: Die genesing van Afrika [boodskap #9982 is 'n antwoord op boodskap #9951] |
Wed, 16 July 1997 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2173 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> At, die feit dat ek en jy hier sit kan direk teruggespoor word na die val
> van Konstantinopel, en meer as een opsig.
>
> Ek dink ons mag dalk verwonderd wees oor wat gaan uitkom as Oosterse - en
> Afrika - dinkmaniere eers werklik begin werk op wat hulle geneem het uit
> westerse wetenskap.
>
> Groete, Leendert
Leendert,
Dankie vir die gepraat oor hoe Konstantinopel
se val nou nog die wereldtoneel vandag beinvloed.
Ek wens dat jy verder in die trant wil voortgaan.
'n Mens kan byvoorbeeld ook dink oor hoe die
vier maritieme Europese magte se togte weswaarts
die sogenaamde Nuwe Wereld beinvloed het: die
feit dat die hele Suid-Amerika verdeel is in hoofsaak-
lik Spaans en Portugeessprekende nasies. En wat
was die implikasies vir die Noord-Amerikaanse
vasteland en sy vorige inwoners, hierdie aankomste
van skepe en kulture oor die see.?
Gloatina
|
|
|
Re: Die genesing van Afrika [boodskap #9987 is 'n antwoord op boodskap #9951] |
Wed, 16 July 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Koos wrote in article
...
> On 15 Jul 1997 13:05:19 GMT, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> as 'n
>> reglynige ontwikkeling van 'n primitiewe en oningeligte verlede na 'n
>> helder toekoms waar alle probleme opgelos sal wees en alle mense sondeloos.
>> In hierdie perspektief is progressie gelyk aan chornologie. Mens sien dit,
>> byvoorbeeld in Koos se reaksie op die publikasiedatum van jou bron - die
>> idee dat die ouer bron noodwendig minder betroubaar is. >>>
>
> Praat van ideologies dink!!
>
> Daar is 'n werklikheid wat gebeur het sedert 1936.
>
> Dit HET gebeur.
>
> Daardie werklikheid het baie diep spore deur kulture getrap. Om - soos
> jy blykbaar bepleit - dit eenvoudig te ignoreer (ter wille van 'n erg
> ideologiese siening) is bleddie stupid.
>
> Jy is dan mos soos Lenin en Stalin en sulke mense (en jou geliefde
> Verwoerd ook) wat eenvoudig die werklikheid ignoreer ter wille van 'n
> stel idees wat die werklikheid in 'n boek teken!
>
> En dan boonop een mens se enkele boek ook!
>
> So 'n soort van dink hoef nie baie ernstig opgeneem te word nie.
Ai, tog Koos!
Dit is waar. Baie het gebeur sedert 1936. Maar baie het sedert 1936 nie
gebeur nie. En dit is so. Dit is inderdaad een enkele mens se een enkele
boek - aangehaal deur een enkele ander mens wat dit gelees het.
Dit beteken egter nie dat daar nie vir ons waarde in kan wees nie. Dit hoef
nou nie vergelykbaar te wees met een enkele boek van een enkele mens soos,
sê maar Darwin se Origin of the Species, Newton se Principia Mathematica,
of Einstein se enkele bladsye waarin hy sy besondere teorie van
relatiwiteit uiteensit nie. Selfs al val dit nie in hierdie kader nie, kan
daar steeds vir ons - of selfs net vir sommige van ons - waarde in wees.
Alles wat sedert 1936 gebeur het sou nouliks alles wat in 1936 waar was van
die tafel gevee het. Dit was dus juis vir my insiggewend dat ek na ander
skrywers kon verwys wat in hierdie dekade dinge sê wat die ander skrywer
ook in 1936 gesê het.
Jy mag reg wees. Dit mag ideologiese denke wees om van die standpunt uit te
gaan dat dinge wat in ander tye, plekke en kulture waarde het of gehad het
ook vir my as individu waarde kan hê. Een naam wat soms aan so 'n
"ideologie" gekoppel word is postmodernisme, omdat dit een manier is waarop
postmodernisme manifesteer. Maar eintlik kan mens dit aanbeveel vir enigeen
wat probeer om dinge te verstaan.
Ek reken egter ook dat dit ideologiese denke is om aan te neem dat iets wat
in 1936 waar kon wees in 1997 ongeldig is, bloot omdat daar sedertdien veel
gebeur het. Een naam wat aan so 'n "ideologie" gekoppel word is modernisme
- die idee dat die meer onlangse noodwendig meer geldig, waardevol, of
"beter" is as die ouere.
Ek aanvaar dat oormatige blootstelling aan die nuusbedryf kan neig om 'n
mens se tydshorison te beperk to 24 uur en jou aandagspan tot sinne van ses
woorde of sprekke van 20 sekondes. So iets mag dalk 'n modernistiese
lewensuitkyk bevorder.
Dit maak so 'n uitkyk egter nie minder "ideologies" nie.
Interessant genoeg, kan 'n mens die denke (en dade) van Lenin, Stalin en
Verwoerd juis voorhou as voorbeelde by uitstek van modernisme.
En miskien moet ek maar herhaal - vir die soveelse keer - so "lief" as wat
ek vir Verwoerd is, is ek vir Bengu ook.
Groete, Leendert
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Sun Dec 22 14:37:34 UTC 2024
|