Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Ystervark (Hystrix africao-australis) is 'n knaagdier bekend vir sy gevaarlike penne. Ystervarke leef van plantvoedsel en rig groot skade onder gesaaides aan, hoewel hulle ook sekere giftige plante wat ’n gevaar vir beeste is, uitroei. Dit is sowat 28 duim lank, woon in gate en word algemeen aangetref in die meeste dele van Suidelike Afrika. Sien Soogdiere.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.