Xhosa [boodskap #124659] |
Wo, 23 Januarie 2019 19:04 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Xhosa (ook Kôsa of amaXhosa) is 'n bantoestam wat sy tuiste in Oos-Kaapland het. Oorspronklik bekend as die Aba-nguni na ’n eertyse heerser, Mnguni, van wie daar feitlik niks bekend is nie. ’n Latere opvolger van hom het bekend gestaan as Xosa en van hom het die stam sy meer algemeen bekende naam gekry. Volgens J.H. Soga het die stam waarskynlik sy oorsprong in Oos-Afrika gehad en daarna in ’n aantal klasse verdeel geraak. Hierdie klasse het gedurende die 17de eeu na Suidelike Afrika getrek. Stamgevegte het ontstaan en omstreeks 1750 het twee partye, die Gaikas en Galekas, van mekaar geskei. Hulle was oorkant die Visrivier gevestig toe die eerste blanke setlaars om en by 1752 met hulle kennis gemaak het. Daarna was daar dikwels botsings tussen die twee rasse en die Groot Visrivier is as die suidelike grens aanvaar. In 1835 het goewerneur sir Benjamin D’Urban die "Provinsie van Koningin Adelaide" as buffergebied daargestel, maar hy is deur Londen beveel om hierdie gebied aan die Xhosas terug te gee.
Die hoofoorsaak van die moeilikheid was veediefstalle wat gepleeg is tydens strooptogte oor die grens. Na die slag van Grahamstad in 1819 is hulle aanvalsmag aansienlike verminder, maar, ten spyte van die feit dat sekere seksies soos die Galekas normaalweg vriendelik was, het hulle ’n bedreiging gebly tot 1856 toe hulle hulle eie militêre mag verbreek het as gevolg van die Nasionale Selfmoord van die Xhosas. Daarna het die Xhosas in vrede met die blanke Boere gelewe, hoofsaaklik as gevolg van die pogings van goewerneur sir George Grey, wat sy bes gedoen het om onderwys en beskawing te versprei. In 1877 was hulle egter weer eens betrokke in ’n oorlog wat geblyk het die laaste ernstige Grensoorlog op die oostelike grens te wees.
In hulle taal en kultuur is die Xhosas nou verwant aan die Zoeloes. Hulle beoefen besnydenis op die jong mans met puberteit. Veelwywery word deur hulle eie wette erken en die landbou word hoofsaaklik aan die vroue oorgelaat. Sedert die ontdekking van die Witwatersrand het die Xhosas 'n aansienlike persentasie van die arbeidskrag van die Witwatersrand en ander goudmyne verskaf. Hulle vorm ook ’n groot persentasie van die nie-blanke bevolking van Suid-Afrikaanse stede.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|