Witzieshoek [boodskap #124624] |
Wed, 23 January 2019 17:17 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Witzieshoek is 'n reservaat in die Noordoos-Vrystaat in die Drakensberg. Vernoem na ’n vroeë opperhoof, Witzie, wat in 1857 daar deur die burgers van die Republiek verslaan is. Die huidige reservaat is in 1867 vir die Mopelistam gestig. Die gebied is bekend vir sy pragtige bergnatuurskoon.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|