Witrivier [boodskap #124620] |
Wed, 23 January 2019 17:11 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Witrivier is 'n dorp in Oos-Transvaal. Omstreeks 1904 deur die regering van lord Milner as besproeiingsnedersetting vir teruggekeerde Britse soldate gestig. Sedertdien het dit een van die belangrikste sitrussentrums in die land geword en hanteer dit ook ’n druk verkeer besoekers op pad na die Nasionale Krugerwildtuin. Subtropiese gewasse van alle soorte word hier gekweek. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 3,650 (1,500 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|