Witogie of Glasogie [boodskap #124616] |
Wed, 23 January 2019 06:59 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Witogie of Glasogie (Zosteropidae) is ’n familie groengeel voëls met ’n kring wit vere om die oë, aangetref in die meeste gebiede van Suid-Afrika. Soos die kapokvoëltjies in hul gewoontes. Leef van insekte, nektar en vrugte en waarskynlik meer van nut vir die boere as wat hulle skadelik is. Witogies beweeg rond in klein groepies en terwyl hulle opgewonde fluit, vlieg hulle heen en weer tussen bome rond.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|