Willoughby’s Consolidated Company Limited [boodskap #124602] |
Wed, 23 January 2019 06:34 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Willoughby’s Consolidated Company Limited was 'n Zimbabwiese (Rhodesiese) mynbou- en grondbesitmaatskappy. In 1894 gestig en vernoem na sir John C. Willoughby, die maatskappy se eerste voorsitter. Destyds het die eiendom van dié maatskappy 1,000,000 acres beslaan en vier beesplase met amper 40,000 beeste is bestuur.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|