White, Veldmaarskalk Sir George Stuart [boodskap #124581] |
Tue, 22 January 2019 19:01 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Veldmaarskalk Sir George Stuart White was 'n Britse soldaat. In 1835 in Ierland gebore. Hy sluit 1853 by die leër aan. Nadat hy in 1857 in die Indiese Muitery geveg het, het hy baie jare in die Ooste deurgebring en word die V.C. in 1879 in Afghanistan aan hom toegeken. In 1889 word hy in Indië bevorder tot Opperbevelhebber. Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog word hy opperbevelhebber in Natal waar hy verantwoordelik was vir die geslaagde verdediging van Ladysmith. In 1912 oorlede.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|