Way, William Archer [boodskap #124540] |
Sun, 20 January 2019 18:56 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
William Archer Way was 'n Suid-Afrikaanse digter en opvoedkundige. In 1869 in Devonshire gebore. Op 22-jarige ouderdom kom hy na die Kaapkolonie en in 1891 word hy eerste vise-prinsipaal van Dale-Kollege op King William’s Town, toe prinsipaal van die Graaff-Reinet-Kollege (1897-1910) en daarna prinsipaal van die Hoërskool Grey in Port Elizabeth. Hoewel sy grootste bydrae tot die samelewing as onderwyser was, was hy ’n skrywer van redelike verdienste en het hy ’n beperkte aantal boeke laat publiseer. Op 9 Februarie 1928 oorlede.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|