Waterval Onder [boodskap #124536] |
Sun, 20 January 2019 18:51 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Waterval Onder is 'n dorp in Oos-Transvaal, naby die Elandsrivier-waterval, vyf myl van Waterval Boven af geleë. Bekend vir die pragtige natuurskoon; dit is ’n forelhengeloord. President Kruger het tydens die Tweede Vryheidsoorlog ’n tyd lank daar gebly voordat hy finaal in Augustus 1900 uit Transvaal vertrek het.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|