Waterslang [boodskap #124533] |
So, 20 Januarie 2019 18:46 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Waterslang (groep: Colubridae) is 'n nie-giftige spesie wat volop is in baie dele van Suid-Afrika, veral in moerasige gebiede en naby riviere. Dit word sowat 2 voet lank. Daar is twee soorte, olyfgroen en groen. Laasgenoemde het ’n afgeplatte lyf en groot oë. Albei soorte is uitstekende swemmers en duik paddas en visse uit waarmee hulle land toe swem en dit in hulle kronkels papdruk as dit te groot is om in te sluk. Sien Slange.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|