Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Waterkoedoe (Tragelaphus spekii) is 'n bok wat in moerassige gebiede noord van die Zambezi en in tropiese Afrika aangetref word. Aan die Boere bekend as waterskaap. Sy langwerpige hoewe stel die waterkoedoe in staat om gemaklik deur moerasse te loop hoewel dit stadig en lomp op land is. Vleis nie baie lekker nie. Hy versteek homself in riete of half onder water en kan moeilik opgespoor word. Dit is die eerste keer deur David Livingstone aangemeld in 1852. Sowat 4 voet hoog by die skouers. Net die ram het horings.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.