Wanderersklub [boodskap #124511] |
Sun, 20 January 2019 09:38 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Wanderersklub is 'n groot sportklub in Johannesburg. Een van die oudstes aan die Rand. In 1887 gestig op ’n terrein wat amptelik bekend was as ‘Krugerpark’ en wat aan die stad gegrens het. In die later jare is dit verskuif na die noordelike kant, naby Melrose. Die klub het ’n paar duisend lede, ’n gholfbaan, krieketvelde, tennisbane en ’n groot klubhuis.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|