Wagenaar, Zacharias [boodskap #124498] |
Sun, 20 January 2019 08:13 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Zacharias Wagenaar was 'n vroeë Kommandeur aan die Kaap. Hy was reeds baie jare lank in diens van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie, reeds bejaard en sy gesondheid swak toe hy in 1662 as opvolger van Jan van Riebeeck aangestel is. Dit was onder sy bewind, in 1665, dat daar met die bou van die Kasteel in Kaapstad begin is. In 1666 is hy na Batavia verplaas. Hy is in 1668 oorlede en het geld aan die armes aan die Kaap nagelaat.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|