Wadley, Dr. Trevor Lloyd [boodskap #124497] |
Sun, 20 January 2019 08:12 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dr. Trevor Lloyd Wadley was 'n Suid-Afrikaanse fisikus en uitvinder. In 1920 gebore. Hy sluit aan by die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) en word hoof van sy Telekommunikasie-navorsingsinstituut. Een van sy belangrikste prestasies is die ontwikkeling van die Tellurometer wat nou wêreldwyd gebruik word, asook die kristal-gekontroleerde wisselbare frekwensieradio-ontvangtoestel en opwektoestel. Dit word onder WNNR-lisensie in Engeland gebou. Teen die 1960's is daar reeds meer as 10,000 stelle met ’n totale waarde van R 10,000,000 vervaardig.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|