Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Visvalk (Pandion haliaetus) is ’n roofvoël van middelmatige grootte wat ooreenstem met die slegvalk en in die meeste dele aangetref word waar varswatervis (hulle uitsluitlike dieet) bekombaar is. ’n Swewer met stadigklappende vlerke, bruin rug, wit romp, witterige kop en klein oorveertjies. Dit is nie seker of hy in Suid-Afrika broei nie. Sien ook Egret.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.