| Vishoek [boodskap #124436] |
Sa., 19 Januarie 2019 17:39 |
 |
Inligting
Boodskappe: 4589 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Vishoek was 'n dorp ten suide van die Kaapse Skiereiland, maar is tans 'n voorstad van Kaapstad aan die elektriese spoorlyn na Simonstad. Die dorp het begin as 'n vis- en walvissentrum. Dit word in 1916 as dorpsgebied uitgelê, en word 'n munisipaliteit in 1940. Dit is 'n residensiële gemeenskap en 'n gewilde kusoord. Onder sy oorspronklike transportakte is 'n verbod geplaas op enige drankwinkels ('Wynwinkels') in Vishoek — 'n verbod wat steeds van krag is. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 6,950 (6,400 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|
|