Viljoensdrif [boodskap #124426] |
Sat, 19 January 2019 17:24 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Viljoensdrif is 'n dorp aan die Vaalrivier aan die Oranje-Vrystaatse kant, teenoor Vereeniging en bekend vir sy steenkoolmyne. Dit het in 1857 ontstaan na die opening van die pont deur J.H. Viljoen oor die vlak drif. Viljoensdrif was baie in die nuus toe president Kruger in 1895 die driwwe gesluit het om die deurgang van handelsware na die Rand te stuit — ’n stap wat Brittanje en die Suid-Afrikaanse Republiek op die randjie van oorlog gebring het. Was die toneel van gevegte in die Tweede Vryheidsoorlog. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 4,100 (1,250 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|