Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dimensionele eienskappe van Taal (lank)
Dimensionele eienskappe van Taal (lank) [boodskap #9819] |
Thu, 19 June 1997 00:00 |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hallo Almal,
Ek is lankal geintereseerd in "Dimensie" as eienskap op die gebied van visuele
kuns. Julle belangstelling in Taal het my nou daaroor laat dink in die
verband. Dis maar net my eie "brainstorming session" en ek sou enige bydrae
verwelkom. Hier is 'n paar gedagtes bymekaargegooi, geensins afgerond of
volledig nie, maar 'n beginpunt om te probeer bewys dat taal 'n lewende,
groeiende wese is, die kind van al die mense wat dit nou handhaaf, of in die
verlede gebruik het. Dit het relatiwiteit (Einstein)- 'n verlede, teenwoordige
tyd, en 'n toekoms, en alle tydsperiodes is op 'n gegewe oomblik saamgebondel.
Maar ek loop myself vooruit.
Die eerste dimensie, sou ek sê, is die gesproke woord. Dit is eerstens 'n
klank. Soos dit deur die lug beweeg het dit dalk ook te doen met "the Music of
the Spheres", maar dis 'n ander onderwerp.
Die geskrewe woord het twee dimensies - lengte en breedte, kan ook gehoor en
gesien word.
Die derde dimensie het gewoonlik te doen met diepte (?)/depth. Myns insiens
het dit te doen met begrip, diepte van die person/e wat die taal gebruik. Elke
mens se eie "frame of reference" of agtergrond, waarmee hy te werk gaan om die
wêreld om hom te verstaan. Taal is dus baie keer 'n "hit and miss" affêre,
sonder die absolute akkuraatheid van wiskunde, byvoorbeeld. Maar dit los meer
plek vir menslikheid en gevoelens , vir emosie en _Hart_ vs _Brein_. (sien 5de
dim.)
Die 4de dimensie (Einstein - sien bo) het met tyd te doene. Die tydstip waarop
iets gesê word, kan baie verander aan die betekenis of belang van die
kommunikasie.
'n Ander punt: Jou taal, stem, woord kan lank na jou dood verder lewe. In die
geskrewe vorm, boeke. Mens kry 'n klein skok as jy onverwags die stem op band
hoor van 'n geliefde wat reeds dood is. As ons vinnig genoeg kon beweeg, sou
ons ons eie woorde in die toekoms kan hoor, wat ons lank terug geuiter het. Ek
wonder hoeveel maal ons nie sou skaam voel oor wat ons gesê het nie, en moet
dus baie versigtig te werk gaan met dit wat ons uitgee. Klankgolwe is ook in
die Skepping gebruik en het ook te doen gehad met die oprig van piramides,
onder andere (net my eie opinie).
Dit bring my tot die laaste dimensie. Hoe verder die mensdom wetenskaplik
vorder, hoe nouer trek die verband tussen geloof (religion) en wetenskap. Die
moderne teorie van Quantum Physics stel voor dat die 5de dimensie te doen het
met sleg- en goedheid (?) The inherent amount of good and evil, as in the
potentiality of nuclear physics.
Dit is hier waar taal , en die gebruik daarvan, van uiterste belang is.
Woorde wat deur wêreldleiers gespreek word kan al te maklik veroorsaak dat ons
en ons land/wêreld vernietig word.
Hier's 'n interessante punt - in Hebreeus, was daar nog altyd 'n noue verband
tussen letters en syfers. Dieselfde simbole word vir albei gebruik. Die Bybel
noem die Jode "God's chosen people". In "Gematria" (deel van die studie van
Qabbala onder die Torah ) word die woord eerstens as 'n woord gelees, en
tweedens word al die syfers wat daardie woord opmaak bymekaar getel, en alle
woorde wat dieselfde som opmaak het 'n verwandskap. Dit maak dan 'n soort van
kode en dis ongelooflik hoe mooi die woorde in hulle verskillende kategoriee
inpas. Dit sê dus op 'n 'mathematical' wyse veel meer as net die woord alleen.
(There are also the 3 Mother Letters suggesting the Trinity, Aleph = 1 [the One
God], Mem = 40 [see biblical refs of 40 days, etc], and Shin = 300).
Hulle het dit dus lank gelede al reggekry om die twee (left and right brain, if
you like) te versoen.
Vandag se tegnologie doen vir ons 'n soortgelyke funksie. Die binary codes (?)
van 'n komputer verander ons woorde in nommers, wat dit moontlik maak vir ons
om hier op die ng met mekaar te gesels. Miskien is ons almal besig om nader
aan God te beweeg, omdat wetenskap en godsdiens dalk 'n spieëlbeeld van mekaar
is. (Ek hoop nie ek trap op tone nie - indien wel , vergewe my asb., dis nie my
bedoeling nie). Ons woorde en taalgebruik is die emosie/hart, ons gedagtes en
rekenaars is die brein daaragter.
Rekenaars het dit ook moontlik gemaak om die Bybel in 'n kode te verander, en
probeer "decode". Die nuwe boek deur Michael Drosnin, "The Bible Code",
handel hieroor.
Dit lê die Bybel voor as 'n waarskuwing teen die verskriklike dinge wat in
Revelations voorspel word. In geskrewe vorm. Presies dieselfde is lank terug al
gedoen is met die Egiptiese piramides, maar in die vorm van syfers. Duisende
jaar gelede, is dit vir die hedendaagse mens daargelos, ingeval ons die een of
die ander sou verstaan. Albei het min of meer dieselfde boodskap, die een
wetenskaplik daargestel, die ander godsdienstelik.
Ek dink Die Skepper/God/Vader kan as Brein verstaan word, daarna Christus as
Hart - vir die mens om makliker te indentifiseer. Vereniging van syfers en
taal, wetenskap en woord.
Die mense wat so baie vloek, en mekaar slegsê op die Internet, kan dalk net so
bietjie hieroor nadink.
Jammer, ek het nou so bietjie van die onderwerp afgewyk. My bedoeling was net
om die krag van taal as skeppingsmetode te demonstreer, en hoe dit gebruik kan
word om geskiedenis te verander. Afrikaans is 'n baie groot deel van die
skepping van SA - verlede, nou, en toekoms. Ek sal nou weer stilbly en den bek
houden oor geloof sake.
Vir die wat nog steeds lees, baie dankie - ek sou julle kommentaar of kritiek
verwelkom.
Liefde Groete,
Vira.
|
|
|
Re: Dimensionele eienskappe van Taal (lank) [boodskap #9823 is 'n antwoord op boodskap #9819] |
Fri, 20 June 1997 00:00 |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
V wrote in article
...
> Hallo Almal,
Vira, baie dankie vir jou wonderlike loslaat van gedagtes.
> Ek is lankal geintereseerd in "Dimensie" as eienskap op die gebied van visuele
> kuns. Julle belangstelling in Taal het my nou daaroor laat dink in die
> verband. Dis maar net my eie "brainstorming session" en ek sou enige bydrae
> verwelkom. Hier is 'n paar gedagtes bymekaargegooi, geensins afgerond of
> volledig nie, maar 'n beginpunt om te probeer bewys dat taal 'n lewende,
> groeiende wese is, die kind van al die mense wat dit nou handhaaf, of in die
> verlede gebruik het. Dit het relatiwiteit (Einstein)- 'n verlede, teenwoordige
> tyd, en 'n toekoms, en alle tydsperiodes is op 'n gegewe oomblik
saamgebondel.
Dit is so dat die relatiwteitsteorie van Einstein 'n geweldige
invloed op ons begrip van tyd gehad het. Sy bydrae was
basies dat tyd nie onafhanklik bestaan nie, maar deur middel
van lig (em golwe) onlosmakend verbind is aan ruimte. Hy het
ons dus verplig om aan ruimte-tyd gebeure (events) te dink.
Dit is merkwaardig dat Jan Smuts in 1926 Einstein beter verstaan
het as die skrywers van Afrikaanse fisika boeke tot 50 jaar later!
> Maar ek loop myself vooruit.
> Die eerste dimensie, sou ek sê, is die gesproke woord. Dit is eerstens 'n
> klank. Soos dit deur die lug beweeg het dit dalk ook te doen met "the Music of
> the Spheres", maar dis 'n ander onderwerp.
Om klank waar te neem, is meer direk as om lig waar
te neem. Wanneer ek in die veld loop, reageer my ore
veel vinniger en direk as my o"e. As ek in my kar ry, weier
ek om my venster toe te maak. Ek het all veskeie ongelukke
blootweg op grond van klank vermy.
> Die geskrewe woord het twee dimensies - lengte en breedte, kan ook gehoor en
> gesien word.
Dit geld ook vir die skilderkuns.
> Die derde dimensie het gewoonlik te doen met diepte (?)/depth. Myns insiens
> het dit te doen met begrip, diepte van die person/e wat die taal gebruik. Elke
> mens se eie "frame of reference" of agtergrond, waarmee hy te werk gaan om die
> wêreld om hom te verstaan. Taal is dus baie keer 'n "hit and miss" affêre,
> sonder die absolute akkuraatheid van wiskunde, byvoorbeeld. Maar dit los meer
> plek vir menslikheid en gevoelens , vir emosie en _Hart_ vs _Brein_. (sien 5de
> dim.)
Aha!. Jy gebruik die woord dimensies, ontleen uit die
meetkunde, om as gelykenisse (metafore te dien) vir
jou gedagtes wat jy will oordra. Ek volg jou, maar ek dink
dat die onnadenkendes jou as koekoes sal bestempel.
Ek dink dat hierdie "diepte" waarna jy verwys, met ontluiking
(emergence) te doen het. Die oor is veel beter ingestel op
ontluiking as die oog. Dien jou 'n guns en herhaal die
my eksperiment. Maak jou een oog 'n hele dag lank toe met
'n oogklap. Bedink hoe die dag vir jou afgeloop het. Maak daarna
jou een oor die hele dag toe met 'n pluisie. Bedink weer hoe die
hele dag verloop het. Vir my is dit veel erger om net een oor te
h^e as een oog. Netso het ek al gehoor dat dit veel erger is
om doof as blind te wees.
Die rede waarom ons so baie soorte skilderkuns (realsime,
impressionalisme, surrealisme) beleef het, is omdat met
elke soort opnuut gevra word na ontluiking. 'n Statiese stuk
kunswerk kan nie ontluik nie. Maar klank is dinamies. Dit kan
ontluiking dra. Vra maar vir my familie.
> Die 4de dimensie (Einstein - sien bo) het met tyd te doene. Die tydstip waarop
> iets gesê word, kan baie verander aan die betekenis of belang van die
> kommunikasie.
Wat jy moet raaksien, is dat tyd nie net aan ruimte (Einstein
se bydrae) gekoppel is nie, maar ook aan entropie (Eddington
en Progogine se bydraes). Ontluiking gebeur nooit in die niet
(niks) nie. Dit behels die dinge wat reeds gebaar is. Dit neem
party bestaande dinge om saam 'n nuwe vorm tot stand te bring.
Maar eers moet daar altyd chaos (wanorde) kom. Heel dikwels
breek die chaos nie tot 'n nuewe vorm deur nie. Dis wanneer
die heersende bestel verval (immergence) tot dinge lank vergete.
> 'n Ander punt: Jou taal, stem, woord kan lank na jou dood verder lewe. In die
> geskrewe vorm, boeke. Mens kry 'n klein skok as jy onverwags die stem op band
> hoor van 'n geliefde wat reeds dood is. As ons vinnig genoeg kon beweeg, sou
> ons ons eie woorde in die toekoms kan hoor, wat ons lank terug geuiter het. Ek
> wonder hoeveel maal ons nie sou skaam voel oor wat ons gesê het nie, en moet
> dus baie versigtig te werk gaan met dit wat ons uitgee. Klankgolwe is ook in
> die Skepping gebruik en het ook te doen gehad met die oprig van piramides,
> onder andere (net my eie opinie).
'n Mens moet nooit vergeet dat klankgolwe dinamies is nie.
Met ander woorde, hulle is-en-word. Dit is so met alle golwe
(elektromagneties soos lig). Dink daaraan dat 95% van die
skade deur 'n atoombom word deur golwe veroorsaak word!
Hierdie tweeledige karakter van golwe is van basiese belang!
Dit is deur sulke herhalende is-worde wat ontluikings van 'n laer
ma 'n ho"er orde plaasvond.
> Dit bring my tot die laaste dimensie. Hoe verder die mensdom wetenskaplik
> vorder, hoe nouer trek die verband tussen geloof (religion) en wetenskap. Die
> moderne teorie van Quantum Physics stel voor dat die 5de dimensie te doen het
> met sleg- en goedheid (?) The inherent amount of good and evil, as in the
> potentiality of nuclear physics.
Dit is waar. Dit het ales met ontluiking te doen. Soos wat tyd
aanstap, ontluik laer na ho"er orde. Godsdiens behoort die
hoogste orde te behels (maar dikwels wriemel dit in die aardse).
Wanneer jy eendag (hopelik) my boek (Entropy, Creativity and
Learning: how to manage chaos, order and complxity in nature
and culture) lees, sal jy agteroor slaan. Dit wat entropie doen, is
seker die naaste hoe geloof in 'n Opperskepper verbeeld kan word.
> Dit is hier waar taal , en die gebruik daarvan, van uiterste belang is.
> Woorde wat deur wêreldleiers gespreek word kan al te maklik veroorsaak dat ons
> en ons land/wêreld vernietig word.
Dit is baie waar. Woorde is self morsdood. Dit is ons verstand
wat aan hulle betekenis gee. Saam met hierdie betekenis kom
skepkrag: vir die goeie of die slegte. Woorde deur 'n slegte gees
gesapreek of geskryf, kan nie daardie gees afskud nie.
> Hier's 'n interessante punt - in Hebreeus, was daar nog altyd 'n noue verband
> tussen letters en syfers. Dieselfde simbole word vir albei gebruik. Die Bybel
> noem die Jode "God's chosen people". In "Gematria" (deel van die studie van
> Qabbala onder die Torah ) word die woord eerstens as 'n woord gelees, en
> tweedens word al die syfers wat daardie woord opmaak bymekaar getel, en alle
> woorde wat dieselfde som opmaak het 'n verwandskap. Dit maak dan 'n soort van
> kode en dis ongelooflik hoe mooi die woorde in hulle verskillende kategoriee
> inpas. Dit sê dus op 'n 'mathematical' wyse veel meer as net die woord alleen.
> (There are also the 3 Mother Letters suggesting the Trinity, Aleph = 1 [the One
> God], Mem = 40 [see biblical refs of 40 days, etc], and Shin = 300).
> Hulle het dit dus lank gelede al reggekry om die twee (left and right brain, if
> you like) te versoen.
>
> Vandag se tegnologie doen vir ons 'n soortgelyke funksie. Die binary codes (?)
> van 'n komputer verander ons woorde in nommers, wat dit moontlik maak vir ons
> om hier op die ng met mekaar te gesels. Miskien is ons almal besig om nader
> aan God te beweeg, omdat wetenskap en godsdiens dalk 'n spi�lbeeld van mekaar
> is. (Ek hoop nie ek trap op tone nie - indien wel , vergewe my asb., dis nie my
> bedoeling nie). Ons woorde en taalgebruik is die emosie/hart, ons gedagtes en
> rekenaars is die brein daaragter.
In my boek in hoofstuk 8 (Laws of teaching) formuleer ek
'n nuwe, abstrakte simboliese taal (vergelykings, formules)
waarmee 'n mens kreatiwiteit kan beskryf. Mense praat al
lank reeds oor so 'n moontlikeheid. Dis een ding om daaroor
te praat, maar 'n ander ding om daarmee te praat. Ek is
bevrees dat om daarmee te praat, vir meeste mense 'n
swart gat sal wees.
Maar ek gaan nog selfs verder. Ek stel 'n "calculus" (besyfering)
beskikbaar waarmee 'n mens die simboliese taal kan
kontroleer. Dit werk met nulle en ene, maar heel anders as
Booleaanse algebra ( die "calculus" waarmee rekenaars werk).
Dit vereis dat 'n mens tot twee moet kan kan tel en dan besluit
wat die meeste/minste is, nul of een. Ek het dus heelwat
meelewing met wat jy hierbo probeer vasvat. Dit kom daarop
neer dat 'n mens 'n gevorderde skepping met 'n primitiewe
skepping probeer naboots. Dit is niks anders as wat
rekenaars doen nie.
As jy vir my 'n epos briewe skryf, sal ek dit by die lys
van ander voeg van mense wat ek in kennis moet stel
wanneer my boek beskikbaar is. Ek dink dat jy dele
van die boek gate uit sal geniet, maar dat ander dele
tot lengte van dae by jou sal spook.
> Rekenaars het dit ook moontlik gemaak om die Bybel in 'n kode te verander, en
> probeer "decode". Die nuwe boek deur Michael Drosnin, "The Bible Code",
> handel hieroor.
Dit is 'n baie interessante boek. Maar nag ek 'n beeld
as waarskuwing probeer gebruik. Om 'n meer gevorderde
skepping deur 'n minder gevorderde een te probeer verstaan,
is soos om 'n mens te vra om met hande en voete te loop.
Dit kan gedoen word, maar dit is grotesk.
> Dit lê die Bybel voor as 'n waarskuwing teen die verskriklike dinge wat in
> Revelations voorspel word. In geskrewe vorm. Presies dieselfde is lank terug al
> gedoen is met die Egiptiese piramides, maar in die vorm van syfers. Duisende
> jaar gelede, is dit vir die hedendaagse mens daargelos, ingeval ons die een of
> die ander sou verstaan. Albei het min of meer dieselfde boodskap, die een
> wetenskaplik daargestel, die ander godsdienstelik.
Selfs die natuur is vol van sulke boodskappe. Die natuur
reflekteer ons skeppings vir ons terug. Kom saam met my
na die rand van die Namib. Daar groei 'n noorsbome Euphorbia
venenata. Van hulle is 250 jaar oud. Elke jaar, na die groei
van die paar millimeters reen, vind 'n insnoering in hulle
arms plaas. Hulle verhaal van die laaste 30 jaar is skrikwekkend.
As ek die boodskap vir jou ontsyfer, sal jy nooit weer terug
wil kom na die beskawing toe nie.
> Ek dink Die Skepper/God/Vader kan as Brein verstaan word, daarna Christus as
> Hart - vir die mens om makliker te indentifiseer. Vereniging van syfers en
> taal, wetenskap en woord.
Ek verstaan wat jy wil sê, maar ek dink jou metafore sal
meeste mense grief. Net laas naweek lees ek van Hugo
Grotius. Hy het die Romeins-Hollandse reg weggeruk
uit die vergetelheid. Sy werk is 'n manjefieke toonbeeld
van 1500 jaar se insig. Maar weet jy wat - hy was onder
huisarres geplaas deur 'n klomp mense wat hulleself as
deurdagte Calviniste gewaardeer het! Dank die Vader
dat hulle stommeteit nie geseevier het nie.
> Die mense wat so baie vloek, en mekaar slegsê op die Internet, kan dalk net so
> bietjie hieroor nadink.
Mense wat ander mense verguis. is mense wat beleef
dat hulle eie kreatiwiteit nie kan ontluik )Emerge) nie.
Dis maar net hulle manier om hulle wanorde uit te saai.
As jy jou hond slim genoeg terg, doen hy dit ook op
sy honde manier. Ek doen dit nie graag nie omdat ek
nie sy hondelewe wil beduiwel nie. (Ons het drie honde:
Weet jy wat is die reun se naam: Noag. Dit pas hom
perfek!)
> Jammer, ek het nou so bietjie van die onderwerp afgewyk. My bedoeling was net
> om die krag van taal as skeppingsmetode te demonstreer, en hoe dit gebruik kan
> word om geskiedenis te verander. Afrikaans is 'n baie groot deel van die
> skepping van SA - verlede, nou, en toekoms. Ek sal nou weer stilbly en den bek
> houden oor geloof sake.
Nee mens -skryf. skryf en skryf. Giet jou gedagtes in woorde.
Een dag sal jy ontdek hoe jou gedagtes hierdie gietsels kan
onstnap.
> Vir die wat nog steeds lees, baie dankie - ek sou julle kommentaar of kritiek
> verwelkom.
So gedoen.
> Liefde Groete,
> Vira.
Dieselfde vir jou, liewe mens, en julle almal.
At de Lange
|
|
|
Re: Dimensionele eienskappe van Taal (ingekort) [boodskap #9832 is 'n antwoord op boodskap #9823] |
Sun, 22 June 1997 00:00 |
Arthur Hagen
Boodskappe: 559 Geregistreer: July 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hallo allemaal (en in het bijzonder Vira en Ad), ik vond jullie
diskussie over de dimensionele eigenschappen van Taal erg onderhoudend.
Ik sla steil achterover van alle verbanden die worden gelegd: van
Einstein via het Kabbalisme tot religie!
Ik heb een paar kleine opmerkingen.
(>) reactie op Ad de Lange
(>>) reactie op Vira
> As ek in my kar ry, weier
> ek om my venster toe te maak. Ek het all veskeie ongelukke
> blootweg op grond van klank vermy.
Gelukkig, ik dacht al dat ik de enige was. Ons klimaat laat zelden toe
om met de ramen open te rijden, maar in de auto zet ik nooit de radio
aan. Op de fiets gebruik je je oren nog veel meer dan in de auto: bij
een gevaarlijke kruising kun je al ver van tevoren horen of er een auto
aankomt. Fietsen met een regenpak (met capuchon op!) vindt ik een
"crime" (franse uitspraak, niet engels).
>> Klankgolwe is ook in die Skepping gebruik en het ook te doen
>> gehad met die oprig van piramides, onder andere (net my eie opinie).
Een citaat uit de bijbel (bladzijde 1)
In het begin schiep God den hemel en de aarde.
De aarde was woest en ledig, en duisternis was op den afgrond;
en de Geest Gods zweefde op de water.
En God zeide :
Zie je, een van de eerste dingen die God deed was spreken! Dit moet
toch iets zeggen over het belang van taal.
> Net laas naweek lees ek van Hugo
> Grotius. Hy het die Romeins-Hollandse reg weggeruk
> uit die vergetelheid. Sy werk is 'n manjefieke toonbeeld
> van 1500 jaar se insig. Maar weet jy wat - hy was onder
> huisarres geplaas deur 'n klomp mense wat hulleself as
> deurdagte Calviniste gewaardeer het! Dank die Vader
> dat hulle stommeteit nie geseevier het nie.
Dank je, Ad. Het beeld van Hugo de Groot staat bij ons op de markt,
maar volgens mij weet vrijwel niemand die hem daar ziet zijn, wat zijn
betekenis is geweest voor de wereld. Het doet goed dat aan de andere
kant van de wereld nog wel mensen zijn die dat beseffen.
Even een klein zijsprongetje: er staat (21-06) ook een berichtje van
Jean Pierre Botha op deze nieuwsgroep over een verdwenen standbeeld (?)
van Pienk Piet in Stellenbosch. Wie was/is Pienk Piet? Misschien heeft
JP het wel over een geit op z'n grasveldje :-) (als dit niet zo is;
neem alstublieft geen aanstoot aan mijn opmerking).
Arthur
(verskoning, geen Afrikaans)
|
|
|
Re: Dimensionele eienskappe van Taal (ingekort) [boodskap #9833 is 'n antwoord op boodskap #9832] |
Sun, 22 June 1997 00:00 |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Arthur Hagen wrote in article
...
> Gelukkig, ik dacht al dat ik de enige was. Ons klimaat laat zelden toe
> om met de ramen open te rijden, maar in de auto zet ik nooit de radio
> aan. Op de fiets gebruik je je oren nog veel meer dan in de auto: bij
> een gevaarlijke kruising kun je al ver van tevoren horen of er een auto
> aankomt. Fietsen met een regenpak (met capuchon op!) vindt ik een
> "crime" (franse uitspraak, niet engels).
Arthur, ons lewe in 'n samelewing wat skewe eise
aan ons sintuie stel. Dit is veral ons gehoor wat dit
moet inboet.
>> Net laas naweek lees ek van Hugo
>> Grotius. Hy het die Romeins-Hollandse reg weggeruk
>> uit die vergetelheid. Sy werk is 'n manjefieke toonbeeld
>> van 1500 jaar se insig. Maar weet jy wat - hy was onder
>> huisarres geplaas deur 'n klomp mense wat hulleself as
>> deurdagte Calviniste gewaardeer het! Dank die Vader
>> dat hulle stommeteit nie geseevier het nie.
> Dank je, Ad. Het beeld van Hugo de Groot staat bij ons op de markt,
> maar volgens mij weet vrijwel niemand die hem daar ziet zijn, wat zijn
> betekenis is geweest voor de wereld. Het doet goed dat aan de andere
> kant van de wereld nog wel mensen zijn die dat beseffen.
Arthur, ek wonder of jy my kan help. Hugo
Grotius (de Groot!) het ook 'n boek oor die
geskiedenis van die Laaglande geskryf.
Ongelukkig is dit al wat ek weet van die
boek. Ek sou baie graag wou weet of die boek
al ooit weer heruitgegee is en of ek iewers nog
'n kopie daarvan in die hande kan kry.
Hier by ons kon ek niks verder oor die boek
raakloop nie. My gevoel is dat die boek
hoogs interessante leesstof sal h^e.
Alles van die beste
At de Lange
|
|
|
Re: Dimensionele eienskappe van Taal (ingekort) [boodskap #9841 is 'n antwoord op boodskap #9832] |
Mon, 23 June 1997 00:00 |
Arthur Hagen
Boodskappe: 559 Geregistreer: July 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
AM de Lange schreef
> Arthur Hagen wrote
>>> Net laas naweek lees ek van Hugo
>>> Grotius. Hy het die Romeins-Hollandse reg weggeruk
>>> uit die vergetelheid. Sy werk is 'n manjefieke toonbeeld
>>> van 1500 jaar se insig. Maar weet jy wat - hy was onder
>>> huisarres geplaas deur 'n klomp mense wat hulleself as
>>> deurdagte Calviniste gewaardeer het! Dank die Vader
>>> dat hulle stommeteit nie geseevier het nie.
>> Dank je, Ad. Het beeld van Hugo de Groot staat bij ons op de markt,
>> maar volgens mij weet vrijwel niemand die hem daar ziet zijn, wat zijn
>> betekenis is geweest voor de wereld. Het doet goed dat aan de andere
>> kant van de wereld nog wel mensen zijn die dat beseffen.
>
> Arthur, ek wonder of jy my kan help. Hugo
> Grotius (de Groot!) het ook 'n boek oor die
> geskiedenis van die Laaglande geskryf.
> Ongelukkig is dit al wat ek weet van die
> boek. Ek sou baie graag wou weet of die boek
> al ooit weer heruitgegee is en of ek iewers nog
> 'n kopie daarvan in die hande kan kry.
> Hier by ons kon ek niks verder oor die boek
> raakloop nie. My gevoel is dat die boek
> hoogs interessante leesstof sal h^e.
>
> Alles van die beste
> At de Lange
>
Zijn naam als historicus was zo groot, dat de Staten Hugo de Groot in
1602 (hij was toen 18 jaar oud) opdroegen om de geschiedenis van
Holland vanaf 1566 te boek te stellen. Het werk was reeds in 1612
voltooid, maar door allerlei omstandigheden verscheen het eerst in
1657. Mocht ik nog ergens informatie tegenkomen, dan laat ik het je wel
weten.
Ik heb onlangs een boekje gekocht over de stad Rotterdam (Beschrijvinge
der Stad Rotterdam en eenige omleggende Dorpen (nee, geen typefouten,
het boekje stamt uit 1738; ik hou van oude boeken) door Gerard van
Spaan). Het boekje begint met Noach (de nazaten van Noach's zoon Gomer
schijnen zich in onze streken gevestigd te heben) en werkt dan in een
paar bladzijden naar de meer recente geschiedenis toe (toen Holland
bedekt was door het "wilde Wout zonder genade). Het leest een beetje
moeilijk: van die oude drukke lettertekens, maar het is zeer grappig om
te lezen hoe men destijds dacht over de tijden toen er nog geen
geschreven geschiedenis was.
Met vriendelijke groeten,
Arthur (pogingen om Afrikaans te schrijven heb ik maar even opgegeven
:-)
|
|
|
Re: Dimensionele eienskappe van Taal [boodskap #9844 is 'n antwoord op boodskap #9819] |
Mon, 23 June 1997 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Vira en At,
Wat 'n interessante gesprek. Ongelukkig het
ons nou 'n gas en gaan dan vir 'n week weg van
die rekenaar af. Ek hoop dat wanneer ek aan die
einde van die week terugkom, dat julle gesprek
nog aan die gang is, want ek wil 'n paar vrae
vra.
Gloudina
|
|
|
Re: Dimensionele eienskappe van Taal (ingekort) [boodskap #9850 is 'n antwoord op boodskap #9832] |
Tue, 24 June 1997 00:00 |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Arthur Hagen wrote in article
...
> Zijn naam als historicus was zo groot, dat de Staten Hugo de Groot in
> 1602 (hij was toen 18 jaar oud) opdroegen om de geschiedenis van
> Holland vanaf 1566 te boek te stellen. Het werk was reeds in 1612
> voltooid, maar door allerlei omstandigheden verscheen het eerst in
> 1657. Mocht ik nog ergens informatie tegenkomen, dan laat ik het je wel
> weten.
Baie dankie vir hierdie inligting. Ek sal bly wees as jy
meer kan opdiep oor sy geskiedenisboek.
Ek kan nie meer so mooi onthou nie, maar dit was hy
of 'n ander De Groot in Engeland wat betoog het dat
'n demokratiese verkiesing net regverdig kan wees as
dit by wyse van stembriefies geskied wat in die geheim
ingevul word. Een van hulle twee het die mensdom 'n groot
guns bewys.
> Met vriendelijke groeten,
> Arthur (pogingen om Afrikaans te schrijven heb ik maar even opgegeven
Dit maak nie saak nie.
Maar as jy weer sou probeer om Afrikaans te skryf
hoe krom ookal, nooi ek jou vir ete uit as jy jou voete
naby Pretoria sou sit.
Alles van die beste
At de Lange
|
|
|
Re: Dimensionele eienskappe van Taal [boodskap #9852 is 'n antwoord op boodskap #9819] |
Tue, 24 June 1997 00:00 |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Izak Bouwer wrote in article
...
> Vira en At,
> Wat 'n interessante gesprek. Ongelukkig het
> ons nou 'n gas en gaan dan vir 'n week weg van
> die rekenaar af. Ek hoop dat wanneer ek aan die
> einde van die week terugkom, dat julle gesprek
> nog aan die gang is, want ek wil 'n paar vrae
> vra.
> Gloudina
Hou jou vrae 'n bietjie terug. Ek gaan vir twee weke
Namib toe. En as ek terug is, neem dit my 'n week
om oor my bedonderdgeid te kom omdat ek moes
terug kom.
Alles van die beste
At de Lange
|
|
|
Re: Dimensionele eienskappe van Taal (ingekort) [boodskap #9862 is 'n antwoord op boodskap #9832] |
Wed, 25 June 1997 00:00 |
Arthur Hagen
Boodskappe: 559 Geregistreer: July 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
AM de Lange schreef...
> Arthur Hagen wrote ...
>> Zijn naam als historicus was zo groot, dat de Staten Hugo de Groot in
>> 1602 (hij was toen 18 jaar oud) opdroegen om de geschiedenis van
>> Holland vanaf 1566 te boek te stellen. Het werk was reeds in 1612
>> voltooid, maar door allerlei omstandigheden verscheen het eerst in
>> 1657. Mocht ik nog ergens informatie tegenkomen, dan laat ik het je wel
>> weten.
>
> Baie dankie vir hierdie inligting. Ek sal bly wees as jy
> meer kan opdiep oor sy geskiedenisboek.
>
Hoi Ad, ik bedacht dat de bibliotheek van de universiteit wel eens
uitkomst zou kunnen bieden. De bibliotheek biedt de mogelijk om vanaf
het Wereld Wijde Web in de catalogus te kijken:
http://www.library.tudelft.nl/BTUD/eng/catforme.htm
Bij een zoekopdracht naar de auteur Hugo Grotius kwam ik de volgende
verwijzing tegen:
4.
Groot, Hugo de / Goris, Joan (bijdr.s)
NEDERLANDTSCHE JAERBOEKEN EN HISTORIEN SEDERT HET JAAR 1555 TOT HET
JAER 1609. MET DE BELEGERING DER STADT GROL EN DEN AENKLEVEN DES JAERS
1627, ALSOOK HET TRACTAET VAN DE BATAVISCHE NU HOLLANDTSCHE REPUBLYK EN
DE VRIJE ZEEVAERT. MET AANT. VERTAELT DOOR
z. uitg., Amsterdam, 1681
*GS K03
f o
call number(s):
TRES TR BG+GS 06102118
Indien ik de komende tijd nog die kant op moet, zal ik het boek lenen
(als het uberhaupt geleend kan worden).
Groeten vanuit een nat en nogal koel Nederland.
Arthur
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Sun Dec 22 14:17:45 UTC 2024
|