Vaaldam [boodskap #124321] |
Fri, 18 January 2019 14:24 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Vaaldam is 'n groot dam in die Vaalrivier, 18 myl van Vereeniging af. Dit is die grootste dam in sy soort in die Suidelike Halfrond, en is in 1935 gebou teen ’n koste van £1,632,000. ’n Tyd lank is die dam ook gebruik as landingsplek vir vliegbote in die buitelandse lugdiens. Sien Vaalharts-Besproeiingskema.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|