Utrecht [boodskap #124316] |
Fri, 18 January 2019 14:13 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Utrecht is 'n dorp in die noorde van Natal. In 1853 gestig en vernoem na die stad in Holland. Die omgewing was oorspronklik 'n onafhanklike Boererepubliek wat in 1860 met Transvaal saamgesmelt het en tot 1902 deel daarvan gebly het. Saam met die distrik Vryheid is Utrecht aan Natal oorhandig. In sowel die Zoeloe-oorlog as die Tweede Vryheidsoorlog was Utrecht die middelpunt van die gevegte. Vandag is dit ’n steenkoolmyn- en landbousentrum. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 6,100 (1,200 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|