Tumbull, John Willlam [boodskap #124246] |
Do, 17 Januarie 2019 17:36 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
John Willlam Tumbull was 'n regter van die Natalse Hooggeregshof. In 1829 in Edinburgh gebore. Hy studeer aan Cambridge en word in 1855 by Lincoln’s Inn tot die balie toegelaat. Vier jaar later begin hy in Pietermaritzburg praktiseer, waar hy in 1869 verkies word tot die Wetgewende Vergadering. In 1888 word hy regter. In 1902 oorlede.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|