Tsumeb [boodskap #124234] |
Thu, 17 January 2019 15:14 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Tsumeb is 'n dorp in die noorde van Namibië (Suidwes-Afrika), hoofkantoor van die Otavi-myn, nou met belange in die O’okiep Copper Company. Sink, lood en koper word daar geproduseer. Voor 1960 deur die langste smalspoorlyn in Afrika aan die res van die land se spoorwegstelsel gekoppel. Omstreeks 1903 gestig. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 7,796 (3,987 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|