Truter, Pieter Jan [boodskap #124226] |
Thu, 17 January 2019 06:45 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Pieter Jan Truter was 'n vroeë reisiger in Kaapland. In 1801 het hy ’n geselskap oor die Oranjerivier tot in die Kalahari-woestyn gelei met die hoop om beeste van die plaaslike naturelle te kry. Dit was die eerste geselskap blankes wat die plek bereik het waar Kuruman vandag is. Hulle het verder na Lattakoo gegaan en met hulle terugtog die loop van die Oranjerivier gevolg.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|