Transvaal [boodskap #124201] |
Wo, 16 Januarie 2019 06:02 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Transvaal is 'n gebid in Suid-Afrika. Op 'n tyd was dit die land se tweede grootste provinsie en voor dit 'n onafhanklike republiek. Transvaal beslaan 110,450 vk. myl, wat 23 persent van die totale landoppervlak verteenwoordig. Die naam is afgelei van die feit dat die landstreek oor die Vaalrivier lê. Volgens die sensus van 1960 was die bevolking 6,225,052 waarvan 1,455,372 Blankes, 4,601,545 Bantoes, 62,918 Asiate en 105,217 Kleurlinge was. In 1966 was blanke bevolking 1,657,000. in 1955 was die getal kiesers 657,407.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|