Torch-Kommando [boodskap #124190] |
Tue, 15 January 2019 19:04 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Torch-Kommando was 'n politieke organisasie wat hoofsaaklik met die steun van oudgediendes in April 1951 gestig is. Een van die leiers was A.G. (‘Sailor’) Malan, die beroemde Suid-Afrikaanse vegvlieër in die Britse Lugmag. Die naam is afgelei van die fakkels wat deur die deelnemers aan vroeëre optogte gedra is. Die Torch-kommando se oogmerke was hoofsaaklik dié van die Verenigde Party. Sy bedrywighede is omstreeks 1953 beëindig.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|