Timlin, William H. [boodskap #124167] |
Mon, 14 January 2019 19:35 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
William H. Timlin was 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar. In 1896 gebore, bekwaam hom as argitek en gaan woon in Kimberley waar sy kenmerkende, eiesoortige styl hom gou bekendheid besorg. Afgesien van besonder mooi landskappe, was hy ook verantwoordelik vir verskeie fantasiestukke, wat herinner aan Arthur Rackham, veral The Ship that Sailed to Mars, wat in die V.S.A. verfilm is, en The Building of a Fairy City. In 1943 oorlede.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|