Theiler, Dr. Max [boodskap #124156] |
Ma, 14 Januarie 2019 19:13 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dr. Max Theiler was 'n Suid-Afrikaanse Nobelpryswenner en mediese navorser. Seun van sir Arnold Theiler. In 1899 in Pretoria gebore, studeer in die medisyne en spesialiseer in mikrobiologie. Hy vestig hom in die Verenigde State en raak verbonde aan die Rockefeller Institute. In 1930 het hy sy belangrikste ontdekking gedoen, nl. die virus van geelkoors en ’n entstof om dit teen te werk. Hiervoor het hy in 1951 die Nobelprys ontvang.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|