Tas, Adam [boodskap #124131] |
So, 13 Januarie 2019 17:20 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Adam Tas was 'n vroeë Kaapse politieke leier. In 1668 in Amsterdam gebore. Hy ontvang handelsopleiding en bereik die Kaap die Goeie Hoop voor 1691. Daar word hy ’n vryburger wat by sy welgestelde oom, Henning Huising, woon en werk. Op 31-jarige ouderdom word hy aangestel as vaandeldraer in die Burger-Infanterie en in 1703 trou hy met ’n ryk weduwee, Elizabeth van Brakel. Hy vestig hom op sy landgoed en neem die leiding onder die setlaars in hulle protes teen die oordaad en diktatoriale metodes van goewerneur Willem Adriaan van der Stel. Hy word in 1706 gearresteer en 13 maande lank in die tronk gehou. Klagtes het intussen in Amsterdam uitgekom en in 1707 word die Goewerneur teruggeroep om verantwoording te doen, terwyl Adam Tas vrygestel word. Hy het sy woning Libertas genoem as ’n woordspeling van sy eie naam. Tas is in 1722 oorlede. Die familie, wat van Joodse afkoms is en hulle familienaam "Tasch" spel, woon nog in Nederland.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|