Tanner, Brigadier-generaal William Ernest Collins [boodskap #124127] |
So, 13 Januarie 2019 17:00 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Brigadier-generaal William Ernest Collins Tanner was 'n Suid-Afrikaanse soldaat, in 1875 in Fort Jackson gebore. Hy veg met die Natal Carbineers en in die Tweede Vryheidsoorlog met die Scottish Horse. Hy word na die Royal Staff College gestuur en was ’n lid van die permanente staf van die Natal Militia. Na Uniewording was hy ’n stigterslid van die Suid-Afrikaanse Staandemag. Tydens die Eerste Wêreldoorlog het hy bevel gevoer oor die Tweede Suid-Afrikaanse Infanterie, die 8ste Infanterie-brigade en die Eerste Suid-Afrikaanse Infanterie. Oorlede in 1943.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|