Spencer-Jones, Sir Harold [boodskap #123933] |
Sat, 12 January 2019 10:35 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sir Harold Spencer-Jones was 'n Britse sterrekundige. In 1890 gebore. In 1913 sluit hy aan by die Koninklike Sterrewag in Greenwich. Van 1923 lot 1933 was hy Sy Majesteit se Sterrekundige in die Kaap, en van 1933 tot 1955 Koninklike Sterrekundige in Greenwich. Een van sy prestasies was die akkuraatste bepaling van die afstand van die aarde van die son. In 1960 oorlede.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|