Snywurm [boodskap #123879] |
Sat, 12 January 2019 07:07 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Snywurm (Agrotis noctuae) is 'n tuinplaag in Suid-Afrika, nie eintlik ’n wurm nie, maar ’n soort ruspe. Hy het sy naam gekry vanweë die feit dat hy sagte plante gelyk met die grond afvreet.
Daar is hoofsaaklik vyf spesies in Suid-Afrika: die gewone snywurm (Agrotis segetum), die bruin snywurm (A. longidentifera), die grys snywurm (A. subalba), die swart snywurm (A. ipsilon) en die stekelsnywurm (A. spinifera). Hulle is almal larwes van die nagvlieënde Noctuidae-motfamilie (bekend as Uilmotte).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|