Slawekommissie [boodskap #123847] |
Fri, 11 January 2019 19:09 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Slawekommissie was ’n beslissingsraad wat ingevolge ’n verdrag van 1862 deur Brittanje en die Verenigde State gestig is as deel van hulle poging om die Slawehandel in Afrika te beëindig. Die Kommissie het in Kaapstad gesit en het bestaan uit Britse en Amerikaanse regters. Soortgelyke howe het in Sierra Leone en in New York gesit. Daar was ook ’n soortgelyke ooreenkoms met Portugal. Die ooreenkoms is in 1870 beëindig.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|