Sivetkat [boodskap #123816] |
Fri, 11 January 2019 07:10 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Sivetkat (Vivetta civetta) is 'n baie skugter nagdier, aangetref in Sentraal-Afrika, dele van Zimbabwe (Rhodesië) en Oos-Transvaal, waar hy graag in digte bosse skuil. Ongeveer 4 voet lank van kop tot stert. Val kleinvee aan. ’n Stof genoem ‘sivet’ word deur twee kliere naby die stert afgeskei. Dit is vroeër gebruik in die vervaardiging van parfuum. Kleur is bruin-grys met donker strepe en kolle. Kort ore en pote.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|