Sekunde [boodskap #123765] |
Do, 10 Januarie 2019 14:45 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sekunde was 'n amp in die diens van die Nederlands Oos-Indiese Kompanjie. Die eerste persoon wat die pos aan die Kaap die Goeie Hoop beklee het, was Jacob Ryniers, wat in 1653 onder kommandeur Jan van Riebeeck diens aanvaar het. Die laaste Sekunde was Johan Isaak Rhenius wat dié amp beklee het van Augustus 1786 tot September 1795 toe die eerste Britse bewind begin het.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|