Seemeeue en Roofmeeue [boodskap #123755] |
Do, 10 Januarie 2019 14:26 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Seemeeue en Roofmeeue (Laridae) is seevoëls verwant aan die waadvoëls. Word aan die kus van Suid-Afrika aangetref. Hulle vlieg nooit ver uit nie. Hulle is aasvreters en rowers; afgesien van skulpvis, wat hulle ’n ent in die lug op dra en dan op die rotse laat neerval, is hulle nie visvangers nie. Die witrugseemeeu is die algemeenste. Sien Seeswael en Voëls.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|