Searle, Sir Malcolm William [boodskap #123740] |
Wo, 09 Januarie 2019 18:33 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sir Malcolm William Searle was die Regter-president van Kaapland. In 1855 in Londen gebore; kom op 5-jarige ouderdom na Suid-Afrika; studeer aan die Diocesan College en van 1875 af aan Cambridge. In 1882 tot die Inner Temple toegelaat en begin praktiseer in Kaapstad. Na Uniewording in 1910 is hy aangestel as regter van die Kaapse Provinsiale Afdeling. Was dosent aan die South African College van 1897 tot 1918. Van 1922 tot sy dood op 9 Junie 1926 in die Soutrivierse Spoorwegramp was hy Regter-president van die Kaap die Goeie Hoop.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|