Scott, Kolonel Jack [boodskap #123736] |
Wo, 09 Januarie 2019 17:08 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Kolonel Jack Scott was 'n Suid-Afrikaanse mynnyweraar. Op 23 Mei 1903 in Transvaal gebore. Ontvang onderwys in Potchefstroom en die City and Guilds College, Londen. Stel vroeg reeds belang in die moontlikhede van goudmyne in die distrik Klerksdorp en was grootliks verantwoordelik vir die stigting van die Strathmore-Beleggingsgroep. Met die samesmelting daarvan met die General Mining and Finance Corporation word hy ondervoorsitter. Tree af in 1962.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|